Posts

Showing posts from November, 2009

Is daar 'n God? Is ons een die regte een?

Gisteraand, het ek 'n goeie gesprek op Nimbuzz gehad. (En vir die wat nie weet nie Nimbuzz is 'n kletsprogram vir jou selfoon) Ek en een van my geselsvriende het op die vraag gekom: Is ons God die regte een? Hoe weet ons die Moslems is die dalk reg nie? My antwoord aan hom was die een wat ek gewoonlik gee, nl. Ek het al gesien hoe iemand 'n demoon uitdryf in die naam van ons Here Jesus Christus. Ek het nog nooit gesien dat enige ander geloof dit doen nie. Sy tweede vraag aan my was: Hoe weet ons regtig ons is reg? Hier moes ek dink en my antwoord toe was, Ons het die Heilige Gees wat ons oortuig, geen ander godsdiens kan ooit seker wees nie, en daarom weet ons as kinders van die Here waar ons hoop en verwagting is. *~*~* Soos wat somige van julle seker kon agterkom uit my vorige "bepostings" sukkel ek op geestelike terein, en voel ek dat Paulus se woorde van: "Die goeie wat hy wil doen maar nie doen nie" al hoe meer waar raak in my lewe ook. Dit is '

Onding

Ongevraagde elemente, onrus in die siel! onbeskaamde helle-oes! Onverdiende toegang onbetaalde trou onder op 'n altaarvloer! Eensgestorte lewe Eenmaal was 'n roep Eenmaal ewig alsvergewe Here hoor my roep!

Lied in die donker

Bring vir my die lewenswater rus as daar is my hart se dooie vlees kamers skree daar's soveel twis Liewe Heer my goeie Vader eenmaal by die meer het U eens die brood gebreek kom breek dit vir my weer Aande dae, sonnekringe kom en gaan verby êrens is die seer so diep ek huil wees U by my Liewe Heer my goeie Vader eenmaal op die stoep het U oë u seun gesien wat uit die verte roep As ek met 'n ruwwe naald dit diep uit my kon krap het ek Heer dit so gedoen dat lewenswater spat Liewe Heer my goeie Vader lanksaam kom daar son wees u weer my eie steun my genadebron, wees u weer my eie steun my genadebron!