Posts

Showing posts from February, 2009

Hulde aan 'n ikoon, leermeesteres en vriendin.

Image
Die tyd het aangebreek en dit is nou so, finaal het jy die deur toegemaak en 'n tree op n a 'n gevorderde trap geklim. Die as woord hieronder is nou werklikheid. As jy die dag nie meer saam met ons werk nie, gaan ons jou vreeslik mis! Ons gaan jou kwinkslae mis, 'n flymskerp humorsin wat net 'n geselekteerde groeppie van die mensdom het. Ons gaan jou lag mis. Die lag wat net jy kan lag, sodat jy jou bril moet afhaal en die trane afvee. Ons gaan jou insig mis. Jou biblioteeklaaie vol lewenswysheid. Ons gaan jou hande mis. Die wat maar altyd te gewillig is om uit te reik, en goeie instrumente in die Here se hand te wees. Ons gaan jou voete mis. Die voete wat nie omgee op 'n pad saam met iemand te loop nie, en saam voor kruispaaie te staan nie. Ons gaan jou stem mis. Die stem wat vreugde, blydskap en deernis verkonding in sang, in raad en in onderrig. Ons gaan jou oe mis. Die oe wat atyd die goeie eerste raaksien, en die mens agter die mens, die sk

Askuus.

Image
Gister was ek verkeerd. Ek wil dit uit die staanspoor se! Nadat ek gister (Indien jy nie verstaan waaroor hierdie pos gaan nie gaan kyk dan na die vorige pos) se pos opgelaai het, het ek wel na ons kerk toe gegaan. En die boodskap en die diens was net vir my, net vir my hart en vir soveel ander. Die prediker was Prof. Dirk van der Merwe, en hy het oor Ps 42 gepreek. Ek moet jammer se, en dankbaar wees. Gaan lees gerus Ps 42. Een van die kernverse vir my in Ps 42 is: 6,7a : Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God! Here dankie dat ek gister kon leer dat die verkondiging van U woord, die ingrype en inwerking van U Gees het. Dankie vir die boodskap, en dankie vir die les. Laat die gemeente aanhou bid vir die ware verkondiging van u Woord. Amen.

Sondag Oggend.... Alweer

Image
Dit is nou Soundag Oggend 06:15, soos wat jy seker uit die titel van hierdie pos kon aflei. Ek is weereens nie lus om na my eie gemeente toe te gaan nie. Ek weet nie die keer wie preek nie, maar die lus ontgaan my. Daar is soveel struwelinge in my hart dat ek werklik sommer naar voel. Gisteraand het ek my ooreet, en ek voel nou baie sleg daaroor. Sal dubbel so hard moet oefen die week wat kom. Dit is jammer dat kos in 'n sekere mate vir my 'n ontvlugtingsmiddel geword het. Help Here in hierdie aspek van my lewe, asseblief! Gisteraand het ek op TV gekyk na die heruitsending van Wally se hart. Dit was vir die wat nie weet nie 'n direkte uitsending van 'n hartomlyning van 'n persoon. Die grafika en beeldsending was regtig eksplesiet. Dit het my geskok, en sommer ook nog slegter laat voel. Ai. Dit is wonderlik wat die Here die mens toelaat om in die mediese wetenskap te verrig. Vroer jare was 'n hartoorplanting 'n groot debats, en besprekingspunt van die kerk. D