Posts

Showing posts from December, 2008

31 Jaar en 2 Dae (Skuins voor 2009)

Image
Nou ja, so is dit. Nog 'n snelle lewensjaar het sy verskyning gemaak, en is verby. Terselfde tyd het nog 'n kalender jaar ook tot 'n einde gekom. Sjoe. Wat kan ek oor hierdie jaar se wat verby is... wel.. baie dinge. Nabetragting Eerstens was dit 'n jaar vol opwinding vir my maar ook ene vol teleurstelling. Dit is sleg om met die teleurstelling te begin, en erger nog dat dit iets van een van my nie amptelike lewenskringe moet wees. Is hierdie kring dan my prioriteit? (Ek hoop nie so nie, maar dit is die aspek wat ek as ek terug moet dink oor die jaar, die eerste by my opgekom het, en jou eerste gedagte is gewoonlik jou sterkste gedagte, dan moet ek dit maar noem.) Jip. Dit is soos ek voel, en oor gevoelens (so leer iemand my) kan niemand met jou oor stry nie, juis omdat dit jou eie is. Ek voel teleurgestel deur sekere topstrukture, wat helaas rugraatloos en sonder sement is. Om nie eers te praat van eie-ekblangsoekendheid nie (my eie woord!) En dit is ek dink, een van d

Koebaai, Nr12 Walvisdraai, Vleesbaai daar naby Mosselbaai

Image
Nou ja, soos alle goeie dinge in die lewe, het my vakansie op vleesbaai ook vandag tot 'n einde gekom. En om terug te dink was dit twaaf dae van vreugde, lag sonskyn, donderweer en baie lekker rus! Om nie eers te praat van die eet nie. (Die ete by die Hotel op Albertinia noodsaak 'n inskrywing op 'n latere stadium, dit sal moet!) "Dit is swaar om jou laste te dra...", so lei die lied maar geen sekonde hier aan een van die mooiste plekke in ons land was swaar of swart nie. Dit is 'n fees om saam met kinders van die Here vakansie te hou, en nie net vakansie te hou nie maar ook in 'n leerskool te wees. 'n Leerskool, van menswees, omgee, en ware famielie., en egte hegte Christenskap. Ek is werklik dankbaar, en werklik geseend. (Kan nogsteeds nie, spesiale karakters tik nie) Ek verlaat vandag mense vir wie ek lief geword het, en vir wie ek baie lief is. Net om te weet dat daar by my bestemming later vandag, net so baie mense is wat vir my omgee, en vir wie

Kersfees 2008

Image
Dis kersfees, dis kersfees, die Heer het na ons gekom! Hier op vleesbaai tans, het ons, soos die gebedslied van du Plessis 'n Helder Somer kersfees op hierdie stuk land. Ek was vir die afgelope paar dae (3 ek dink, buitentikstedig) nie instaat om op die blogruimte iets te tik nie. Dit was als a.g.v. 'n sameloop van omstandhede buite my beheer! So askuus as iemand... haha iets gemis het. ;-) Ek het die afgelope paar dae baie gehad om oor te dink, baie oor kersfees en baie oor sommer dinge wat by my opgekom het. Ek het so baie dinge raakgesien maar min gesien, tog het daar op drie geleenthede die vakansie iets gebeur, wat my genood het om weer te dink en werklik te sien. Die eerste gebeurtenis het ek julle reeds van vertel, dit was die keer in die VA waterkant, met die man sonder arms en bene, die tweede geleentheid was dieselfde aand nog. Ek en my suster was oppad na die Pick n Pay wat tot laat toe oop is in die sentrum, om lekker varsgemaalde koffie by die winksel se selfhelpt

Onvoorbereid, onverwags en onaangenaam! Verbrand!

Image
Vandag het beter begin as wat gisteraand geeindig het. :-) Baie mense sien my as 'n sterk linkerbreingeorienteerde (hoop dit is reg gespel, geen woordeboek byderhand) persoon, maar soms kan ek ook teen die en met die ingewing van die oomblik besluit om iets te doen. Soos gister. Ek is met 'n Godsgeseende en lewensvervullende vakansie by Vleesbaai, saam met soos reeds vermeld baie baie besondere mense. Vleesbaai is so paar kilometer van Mosselbaai af, en ek en my vriend Pieter is gister soontoe. Dit is 'n mooi hawedorp met 'n diep geskiedenis, dit was vir my baie duidelik aan die besonderse argitektuur wat daar te vinde is in baie van die strate se pragtige geboue uit die verlede. Ons is na die hawe toe, omdat die vlaggies my daarnatoe geroep het, daar aangekom, het ons besluit om op 'n robbe eiland bootvaart te gaan. Dit was vir later dalk die vakansie beplan maar nie spesifiek vir gister nie, en soos dit toe uitdraai het ek vinnig met twee kaartjies in my hand gest

Handeloos, Voeteloos ek is sprakeloos

Image
Die son sak en die water is rustig! Vleesbaai is vreeslik, vleeslik en geestelik rustig. Ek het gister gese dat ek vandag iets gaan skryf oor 'n gebeurtenis wat met my plaasgevind het aan 'n besoek by die kaap. Dit was 'n baie ... onbeplande.. en onverwagte iets, iets wat 'n mens moet raaksien om dit werklik te sien. En as jy dit sien, kyk 'n mens so maklik daarby verby. Hierdie jaar, (2008) was die tweede keer dat ek en my suster saam die Kaap besoek het, en na aanleiding van ons vorige jaar se groot ekskursie en ete by die VA wanterkant se Ocean Basket het ons besluit om dit hierdie jaar weer te doen. Ek was nogal moeg teen die tyd dat ons daar gekom het, my suster wou nie weer vanaf ons Hotel na die Waterkant loop nie. (Sy was dalk bang sy waai weg!) :-) Terwyl ons oppad was na die ingang van die Ocean Basket, het ons iets merkwaardig gesien. Daar kom 'n persoon op 'n rolstoel aan, en vanselfsprekend was dit nie iets in besonder nie, maar soos ek reeds ge
Image
Vandag het tot 'n einde gekom en as ek moet reflekteer was dit 'n baie geseende dag gewees. (Tot ek nie leer om die Alt+Syfer vir spesiale karakters op my skootrekenaar te maak nie sal my letter sonder tekens moet klaarkom) Ek kan nie kla nie, ek druf nie kla nie, en ek mog nie kla nie. God is groot en goed vir my! Ek het begin om twee boeke te lees, beide handel oor dieselfde onderwerp. Sodra ek klaar is sal ek meer inligting oor die twee boeke gee. Wat ek wel kan se is dat dit twee boeke is met 'n onderwerp wat na aan elke mens se hart le, so ook myne, en in besonder ook! Dit is wonderlik om te dink dat ek huidig my tyd kan spandeer saam met mense wat self so 'n impak op ander mense se lewens het. Dit is genade en ingrype van Bo dat ek ook deel kan wees van hulle lewenskringe. Hier waar ek sit mis ek nogal my familie, ek wonder hoe dit met die ou kleintjies gaan en wanneer die derde entetjie haar verskyning gaan maak? Dit is so 'n wonder om te weet dat sy ook in C

En toe was dit die eerste dag!

Image
Wel nou ja! So gebeur dit seker, elke mens begin, registreer en siedaar, daar sit jy ook met jou eie gedagteplekkie in die kuberruimwereld (kappie volg later :)) Dit is soos julle kan aflei is die my heel eerste beplakking van 'n gedagte op die groot elektroniese spinerak! Een van die vrae wat ek my moes afvrae is hoekom? Hoekom blog, en as jy blog wat gaan jy doen, wat gaan jy daar neersit? Die vraag is seker, hoe diep gaan jy gaan? En wat gaan jy als aan die mense vertel. My uitgangspunt oor baie dinge in die lewe is dit: Ek is 'n nietige skepsel van die Almagtige Drie-enige skepper, die begin en die einde en die waaragtige voorsetting van my ganse bestaan! As ek dus aanvaar dat ek Sy skepsel is dan moet ek kreatief wees aangesien die Vader kreatief is, en Hy my op 'n kreatiewe wyse geskape het. Baie keer in 'n mens se lewe gebeur daar dinge wat 'n mens noodsaak om daaroor te reflekteer en neer te skryf. Soveel dinge gaan by ons verby sonder dat ons nabetragtend